Bloemfontein
Selfsorg Akkommodasie
Bloemfontein
5 Kamers, 10 Gaste
Selfsorg
Meer oor Duinerus
Bloemfontein
Gastehuis
Duinerus selfsorg akkommodasie is a rustige, gastehuis geleë naby verskeie Bloemfontein besoekpunte. Insluitende die Waterfront, Universiteit van die Vrystaat en Mimosa Mall. Dit is ook gemaklik naby die N1 in ‘n pragtige woonbuurt Universitasrif in Bloemfontein.
Alle kamers is sak pas en goed uiteen gesit en toegerus vir besigheids-mense, toeriste, hospitaal besoekers of sport geleentheid besoekers. Braai fasiliteite is beskikbaar asook veilige parkering onder skadunet.

Dubbelkamer
‘n Selfsorg eenheid met n deur na buite. Hierdie kamer het n dubbelbed, badkamer met stort en ‘n volledige toegeruste kombuis. Daar is ook ‘n tafel en kas sowel as ‘n ontbyt area. Bababed is beskikbaar.

Familiekamer
‘n eenkamer eenheid met n dubbelbed en stapel enkelbeddens, privaat badkamer en volledig toegeruste semi-selfsorg kombuis. Klein sit area en/of ontbythoekie maak dit n lekker kamer vir families wat net deurry.

Familiewoonstel
Die “woonstel” het 3 slaapkamers elke met n privaat badkamer en eie TV. Die eenheid het ook n kombuis wat deur die drie kamers gedeel word. Die kombuis is volledig toegerus met yskas, stoof en mikrogolf. Daar is ook n braai area beskikbaar.

Informasie
Ligging & Nabygeleë Besoekpunte
Duinerus is gerieflik geleë naby top skole in Bloemfontein soos Grey Kollege en Eunice asook die Universiteit van die Vrystaat. Twee van die groot winkelsentrums in Bloemfontein sowel as stadiums en hospitale is ook daar naby.
Universiteit van die Vrystaat
Duinerus is gemiddeld 3km vanaf die the hoofingang van die University van die Vrystaat. Shimla Park is ook deel van die Universiteits-gronde waar baie sport asook ander gebeure plaasvind soos die jaarlikse Vrystaat Kunstefees.
Grey Kollege en Eunice Meisieskool
Duinerus is min of meer 6 km vanaf Grey Kollege en Eunice meisieskool.
Universitas Hospitaal
Duinerus is 3 km vanaf die Universitas Hospital – dit neem omtrent about 5 minute om daarheen te ry.
Mimosa Mall
Duinerus is 5km vanaf die Mimosa Mall. Hierdie winkelsentrum huisves ‘n verskeidenheid Restaurante, Klerewinkels asook ‘n Checkers supermark.
Mimosa Mall is ‘n baie gewilde luukse winkelsentrum veral ook wat mode betref ‘n wye verskeidenheid toonaangewende modewinkels kan hier gevind word.
Vrystaat Stadium
Duinerus is omtrent 7 km vanaf die Vrystaat Stadium.
Bloemfontein het beslis geen te kort aan goeie hoogstaande sportfasiliteite wat ‘n groot hoeveelheid sportsoorte akkommodeer nie. Heelwat internasionale en Nasionale sportgeleenthede word jaarliks hier gehou. Dit sluit ie meeste bal-sportsoorte asook atletiek in.
Loch Logan Waterfront
Duinerus is gerieflik geleë en binne 6 km afstand ten opsigte van die Loch Logan Waterfront. Hierdie winkelsentrum huisves ‘n verskeidenheid bekende maar ook luukse eetplekke en Restaurante.

