AKKOMMODASIE
Dubbelkamer
Hierdie kamer het ‘n standaard dubbelbed en suite badkamer met slegs ‘n stort. Die semi-selfsorg eenheid het ‘n buite-ingang, ingeboude kas, studeer tafel / spieëltafel en stoel, sowel as ‘n volledig toegeruste kitchenette met ‘n ontbyt area, met ‘n bar- fridge, mikrogolf, ketel, broodrooster ensomeer. Daar is ook ‘n elektriese kombers vir winter koue, en haardroër op versoek. Daar is ‘n TV met standaard hotel DSTV-kanale en die kamer word daagliks gediens.
1
Dubbelbed
2
Maksimum gaste
1
Privaat Badkamer

Fasiliteite
Kontinentale ontbyt
‘n Basiese kontinentale ontbyt is ingesluit. Muesli, jogurt, ‘n vrugtesappie en ‘n verskeidenheid ontbytgraan soorte.
Tee en koffie
Tee en koffie is beskikbaar in die kamer vir jou gerief.
Selfsorg
Dit is ‘n selfsorg eenheid met basiese eetgerei en kookgeriewe. Geen maaltye word verskaf nie.
Kamer geriewe
En-suite Badkamer
Hierdie eenheid het slegs ‘n stort. Handdoeke word verskaf.
Haardroër
Verhitting
‘n Elektriese kombers en verwarmer word verskaf.
Yskas (Bar-fridge)
Strykplank en strykyster
Satelliet TV (DSTV)
Mikrogolf
Waaier ("Fan")
Beddegoed
Skoon en netjies
Gevestigde Geriewe
Gratis WiFi
Toegangskode beskikbaar by ontvangs
Wasgoed
Kan gereël word met buite diensverskaffer. Kostes vir u eie rekening.
Gratis Parkering
Veilige parkering onder skadunet
Braai Area
Buite braai fasiliteite is beskikbaar.
Tariewe
Enkel R450 per persoon per nag
R325 per persoon wat deel (pps) (= R650 per kamer pn);
Inboek: Na 14:00
Uitboek: Voor 10:00
‘n 50% deposito binne 24 uur nadat u ‘n bespreking gemaak het sal u bespreking verseker. Die uitstaande bedrag kan kontant of elektronies (EFT) betaal word met of voor aankoms. Kredietkaart fasiliteite is beskikbaar. Slegs VISA en MasterCard.
Inboek: Na 14:00
Uitboek: Voor 10:00
‘n 50% deposito binne 24 uur nadat u ‘n bespreking gemaak het sal u bespreking verseker. Die uitstaande bedrag kan kontant of elektronies (EFT) betaal word met of voor aankoms. Kredietkaart fasiliteite is beskikbaar. Slegs VISA en MasterCard.
Kansellasie Beleid
2 weke voor datum van aankoms: 65% van die deposito word verbeur
0-7 dae voor datum van aankoms: die totale deposito word verbeur
As u nie opdaag nie word die deposito of die volle bedrag wat betaal is verbeur
Indien minder mense opdaag is die volle gekwoteerde bedrag steeds betaalbaar.